Tuesday, November 24, 2009

CUNT van die Maand - November 2009

CUNT (Christelike Universiteit in die Nasionale Taal), geleë in Potchefstroom is ’n lid van die VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party) groep. CUNT leer ons dominees van die Woord waarna hulle uitgeplaas word na verskeie KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur) wat ons offisiële kerk is.

Ons gee nie ons grade weg soos ander universiteite nie, maar elke maand gee ons wel 'n CUNT toekenning aan iemand wat die studente admireer. Ons noem die toekenning die "Grootste CUNT van die maand". Soms ken ons dit toe aan besigheidsmense, sangers ens.

Die CUNT van die maand is ... Joost van der Westhuizen. Geluk Joost!

Jy is ’n eerbare Christelike Afrikaner man wat ’n fout gemaak het! Ons almal weet dat die regtige skuldige persoon die flerrie was wat jou verlei het. Dit het voorheen gebeur in die tuin van Eden! Daar het sy Adam verlei om "verbande middels" te gebruik.

Die stap wat jy geneem het om jou sondes voor Liewe Jesus en die hele Suid-Afrika te bely was die begin van jou vergifnis deur Liewe Jesus. Ons almal weet mos Liewe Jesus vergewe alle sondes sodra jy ’n gedagte na hom opstuur en vra om jou te vergewe! Dit help natuurlik ook om ’n donasie aand KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur) te maak.

Alle beste maat. Ons "Ware Christen Afrikaners™" staan by jou.

Read more...

Thursday, October 22, 2009

Jesus se gunsteling rugby span

Daar is geen manier wat die Blou Bulle, Liewe Jesus se gunsteling rugby span, Saterdag kan verloor nie.

Liewe Jesus sal sy rugby troepe aanspoor om daai Cheetahs plat te hardloop. Net laas Saterdag het Hy die voortande van daai goddelose WP span laat uitskop. Dit is nou nie dat hulle regtig voortande gehad het om mee te begin nie. Julle weet mos hoe lyk Kapenaars.

Read more...

Wednesday, August 12, 2009

Spaar Jouself vir Jesus Veldtog

Beste VAKTAP lede

Ons is trots om die "Spaar Jouself vir Jesus" veldtog te loods. Die veldtog is gemik om die onsedelike, vuil, seksuele, losbandigheid tussen ons jong mense summier stop te sit. As Christen Afrikaner behoort u slegs seks te hê in die huwelik.*

Ons jong mense sal eerskomende Sondag by alle KAK (Kerk vir Afrikaner Kultuur) gemeentes die volgende eed aflê voor Jesus Christus se derde persoonlikheid, die Heilige Spook.

Die eed:

Ek (vul naam en van) bely hiermee dat omgang buite die huwelik ’n sonde is en dat dit Jesus die reg gee om my vir altyd in die hel saam met die Duiwel te gooi. Ek bely hiermee dat ek myself sal spaar van die afskuwelike sonde tot ek getroud is of tot 21 Desember 2012 wanneer Jesus terugkeer en ek alle seksuele behoeftes outomaties sal verloor. Ek bely vêrder om enige seksuele wangedrag van ander VAKTAP lede summier aan te melt by my naaste predikant. Ek bely alles van myself, insluitend my maagdelikheid is die eiendom van Jesus Christus.

*Die huwelik word voor Jesus Christus beskou as ’n lewenslange kontrak tot die dood tussen ’n man en ’n vrou.

Read more...

Wednesday, July 1, 2009

Sluit aan by VAKTAP!

Vir diegene wat belangstel om aan VAKTAP te behoort wil ek graag die volgende inligting meedeel.

U moet aan die volgende kriteria voldoen:

U moet Afrikaanssprekend wees.
U moet wit/ blank wees.
U moet Liewe Jesus as u Verlosser aanvaar.
As u 'n man is, moet u verkieslik 'n vol baard groei of ten minste 'n snor.

Die aansluitings fooi is 'n eenmalige bedrag van R10 000. Daarna word daar van u verwag om kwartaalliks R5 000 aan ons te betaal.

Die lidmaatskap sluit in lidmaatskap by VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party) as wel as KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur).

U sal natuurlik volgens die Bybel 10% van u salaris maandeliks aan KAK moet gee. Ons versoek maandelikse salaris bewyse en ook jaarliks 'n kopie van die belastingvorms wat u aan die ontvanger stuur.

By dit soek ons u volle adres, bankbesonderhede, pin kodes ens. U hoef nie bekommerd te wees dat ons u geld sal steel nie. Ons wil net seker maak KAK kry die volle tiende van u salaris. Ons is Christene en het u al ooit van ’n skelm Christen gehoor? U hoef verseker nie bekommerd te wees nie.

Wanneer u aansluit kry u gratis boek deur Ds. / Dr. / Siener van Zyl getiteld "Praat jy in Tale? Die Offisiële Vertaling."

Groete

Dr. Sakkie Boer
Voorsitter
VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party)

Read more...

Tuesday, June 30, 2009

God oordeel Joost vir sy onsedelikheid

Het julle regtig gedink dat Liewe Jesus gaan bystaan en kyk hoe Joost vertel dat hy ’n groot Christen is terwyl hy prostitute spyker en dwelms van hulle boudjies af snuif?

Dink weer! Jesus vat nie nonsens van mense wat hulle self Christene noem maar eintlik is hulle nie. Laat dit ’n les wees. God sal nooit so iets toelaat as jy 'n ware kind van God is nie.

Ons moet almal vir Joost bid en die Here Jesus vra om hom genadig te wees en om Joost se baie afskuwelike sondes te vergewe. Hy en God loop al ’n lang paadjie saam, van die dae toe hy vir Liewe Jesus se gunsteling rugby span, die Blou Bulle, gespeel het. Ek is seker God sal hom vergewe as ons mooi vra.

Laat ons bid:

"Beste Here, gee asseblief die dokters die kundigheid om Joost te genees. Ons weet u sal self intree om hom te genees indien nodig maar ons wil dit nie te duidelik maak dat u wel bestaan nie. Vergewe Joost sy sonde en laat hy asseblief sy totterman in sy broek hou en net seks hê met sy vrou in die doel om die Afrikaner te vermeerder. Vergewe hom ook dat hy met ’n soutie vrou getrou het."

Amen

Ds./ Dr. Siener van Zyl

Read more...

Monday, June 29, 2009

Wie is Vaktap?

Ons is trotse Afrikaners en glo dat jy jouself net 'n Afrikaner kan noem as jy Jesus as jou Verlosser sien, al is jy wit en Afrikaanssprekend.

Ons glo Engels is die duiwel se taal en as jy soutie of enige ander barbaarse taal behalwe as Afrikaans praat, dan gaan Liewe Jesus jou in die hel brand. Afrikaans moet deur elke huishouding in Suid Afrika gepraat word. Dit moet dus deur skole verpligtend as eerste taal aangebied word en all ander tale moet verban word.

Ons glo die ANC is onwettig aangesien hulle nie deur God aanbewind gebring is nie. Met die Bloedrivier verbond is Suid Afrika aan die Afrikaner gegee en behoort Suid Afrika net aan die Afrikaner. Die res moet skoert.

Ons glo die enigste goeie ding wat die ANC in die land gedoen het was om 'n Nasionale Braaidag in te stel.

Ons werk nie op Geloftedag nie.

Ons glo Rugby moet as die nasionale sport aangewys word en die Blou Bulle is Liewe Jesus se gunsteling span.

Ons glo die Bokembleem moet behou word. 'n Rugbyspeler is nie 'n blom nie.

Ons glo slegs 'n man en vrou kan trou.

Ons glo God is verhewe bo die wet van enige land.

Ons glo in die Verbond van Bloedrivier.

Ons glo nie dat Piet Retief met een van Dingaan se swart vroue 'n verhouding gehad het nie.

Groete
Dr. Sakkie BoerVoorsitter: V.A.K.T.A.P.

Read more...

Ons Nuwe Tuiste

Hierdie is die nuwe tuiste van VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur en die Allerhoogste Party).

Welkom!

Read more...

About This Blog

Lorem Ipsum

  © Blogger templates Newspaper III by Ourblogtemplates.com 2008

Back to TOP