Tuesday, June 30, 2009

God oordeel Joost vir sy onsedelikheid

Het julle regtig gedink dat Liewe Jesus gaan bystaan en kyk hoe Joost vertel dat hy ’n groot Christen is terwyl hy prostitute spyker en dwelms van hulle boudjies af snuif?

Dink weer! Jesus vat nie nonsens van mense wat hulle self Christene noem maar eintlik is hulle nie. Laat dit ’n les wees. God sal nooit so iets toelaat as jy 'n ware kind van God is nie.

Ons moet almal vir Joost bid en die Here Jesus vra om hom genadig te wees en om Joost se baie afskuwelike sondes te vergewe. Hy en God loop al ’n lang paadjie saam, van die dae toe hy vir Liewe Jesus se gunsteling rugby span, die Blou Bulle, gespeel het. Ek is seker God sal hom vergewe as ons mooi vra.

Laat ons bid:

"Beste Here, gee asseblief die dokters die kundigheid om Joost te genees. Ons weet u sal self intree om hom te genees indien nodig maar ons wil dit nie te duidelik maak dat u wel bestaan nie. Vergewe Joost sy sonde en laat hy asseblief sy totterman in sy broek hou en net seks hê met sy vrou in die doel om die Afrikaner te vermeerder. Vergewe hom ook dat hy met ’n soutie vrou getrou het."

Amen

Ds./ Dr. Siener van Zyl

3 comments:

Anonymous said...

Dit is vir my lasterlik! Ons almal het sonde ek kom nie vir Joost op nie. Wat jy doen is ook verkeerd God is n God van liefde die nagevolge van sonde in dit self is straf dit is nie God wat ons straf nie. God gee ons wel aan ons eie wellus oor as ons nie ophou nie en dan veroorsaak dit sulke goed. Lewe jy 100% reg? As jy nie doen nie dan bly stil. Soos Jesus gese het lat die een sonder sonde die eerste klip gooi. Ek stem saam mense moet aangespreek en getigtig word maar nie op so manier nie gaan se dit persoonlik vir die persoon en moet nie hul naam beswadder en goed insunieer soos 'ja God straf hom nou lekker' nie ons kan nie ons self verlekker in ander mense se smart nie!

Anonymous said...

Ek bid vir jou dat Jesus Christus jou sal vergewe vir die goed wat jy dink en se oor Joost se lewe. Dis baie sleg om dit te hoor. Jesus wees d persoon met sy baie sonde genadig asb U Goedheid en genade is groter as enige sonde en U bloed bedek alle sonde. Amen. Wil net v jou se: pasop!!! Jy mors met n groot en Almagtige God!

Anonymous said...

Julle het duidelik nie hard genoeg gebid nie!!!