Wednesday, July 1, 2009

Sluit aan by VAKTAP!

Vir diegene wat belangstel om aan VAKTAP te behoort wil ek graag die volgende inligting meedeel.

U moet aan die volgende kriteria voldoen:

U moet Afrikaanssprekend wees.
U moet wit/ blank wees.
U moet Liewe Jesus as u Verlosser aanvaar.
As u 'n man is, moet u verkieslik 'n vol baard groei of ten minste 'n snor.

Die aansluitings fooi is 'n eenmalige bedrag van R10 000. Daarna word daar van u verwag om kwartaalliks R5 000 aan ons te betaal.

Die lidmaatskap sluit in lidmaatskap by VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party) as wel as KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur).

U sal natuurlik volgens die Bybel 10% van u salaris maandeliks aan KAK moet gee. Ons versoek maandelikse salaris bewyse en ook jaarliks 'n kopie van die belastingvorms wat u aan die ontvanger stuur.

By dit soek ons u volle adres, bankbesonderhede, pin kodes ens. U hoef nie bekommerd te wees dat ons u geld sal steel nie. Ons wil net seker maak KAK kry die volle tiende van u salaris. Ons is Christene en het u al ooit van ’n skelm Christen gehoor? U hoef verseker nie bekommerd te wees nie.

Wanneer u aansluit kry u gratis boek deur Ds. / Dr. / Siener van Zyl getiteld "Praat jy in Tale? Die Offisiële Vertaling."

Groete

Dr. Sakkie Boer
Voorsitter
VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party)

13 comments:

Anonymous said...

Jy klink of jy die regte ding doen hier maar seriously: VAKTAP, kon hulle wraggies nie iets anders uitdink nie? En dit word 'geassosieer' met God. Ag nee man, dis nie reg nie! En KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur), hoe de dinges gebeur so iets? Ek sou nie wou deel wees van so iets nie!

Anonymous said...

Prys die Here ek het op hierdie blad afgekom. Ek sal graag wil aansluit hier want ek sien julle is op die regte pad. Die wereld moet weet dat Liewe Jesus net praat met volbloed afrikaners. Ek wil graag deel wees van KAK en betaal my 10de aan KAK met 'n halleluya in my hart. Maar julle kan maar daai boekie oor tale praat hou, ek praat al in tale vandat ek 1 jaar oud is. Siener kan by my kom leer.

VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste party) said...

Prys die Here Anonymous. Die gawe wat die Here aan jou gegee het om tale te praat is groot!

Anonymous said...

is jy fokken mal ek wil 25% n week gee, maak dit my n super gees.

VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste party) said...

Beste Anonymous

Liewe jesus sê nooit nee vir geld nie. Jy is welkom.

Anonymous said...

Kan ek asb rekening besonderhede kry, wil nie hê liewe jesus moet wag vir my geld nie. Elke VAKTAP lid moet help waar hy kan om KAK uit te help.

Gelowigegrietjie said...

Hy sou se: elke Fariseer se geld is van die duiwel want dit het nie gehelp om KAK te verbeter nie.

Anonymous said...

So... Julle is net soos die Isrealitiese Visie.
1... Julle praat van hoe julle God dien.. Stront man.. Die goed wat julle beetkry is n klomp twak..
2... Julle wil he dat mense net moet afrikaans by julle?? My woord... Ek kan teen Minste 20 speelvoute op julle "webblad" optel...En noem nou nie die paar engelse woorde op julle Webblad nie.
3... Julle is die mense wat verkeerd is... Om te vra vir geld vir lidmaatskap... en dan nog n tiende... Het julle nog nooit gehoor dat die Here sal voorsien nie?? Nou hoekom soek julle meer as n tiende? En hoekom bankstaate en rekening nommers?? Is die mense nie betroubaar soos hulle moet wees nie? Julle wil he mense moet julle vertrou.. Maar julle vertrou hulle nie... Tweegesig??
4... Ek is bly om te sien dat julle so min volgelinge het want julle is nie so groot God volgende mense nie... Nie met woorde soos KAK en CUNT en BALLS nie...
Julle is definitief n moerse grap... Ek is bly my God is nie julle sin nie want my Here, God, en Jesus sal julle in die grond in gooi oor hoe julle met mense praat en lieg...

VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste party) said...

Beste Anonymous

Jou vals Christen! Ons gaan lekker vir jou lag as Jesus jou in die hel martel.

Anonymous said...

Sê hom VAKTAP, hy's nie 'n Christen se gat nie. Heeltemal te min hoofletters in daardie comment.

Anonymous said...

VAKTAP, is daai boek van in tale praat die KAK weergawe? Ek soek al lankal na so n boek! Ek dink die heilige gees(of een van die 3 broers) het my hierna toe gely! Ek sukkel so n bietjie met die "LABKALAGIM" en "HUBBLARSTUM" vertalings! Ek spreek dit gereeld uit op Sondae....of nee wag, is dit nou Sondae of Saterdae aande na die heilige game?
Anyway! Ek stuur solank my 10k bokke! Die ekonomie is so goed op die stadium dat dit n bargain is wat ek nie kan misloop nie! Ons kerk misbruik ons geld vir prossies, brannas en vals advertensies! Ten minste weet ek hier gaan my geld doed gespandeer word!

Anonymous said...

Mense wat nie hierdie webtuiste verstaan nie, verdien om in die hel gemartel te word. En jy is nie net n vals en louwarm Christen nie, jy is nog dom ook.

Anonymous said...

Saluut! Die jirrrrrre sal julle seun!