Monday, June 29, 2009

Wie is Vaktap?

Ons is trotse Afrikaners en glo dat jy jouself net 'n Afrikaner kan noem as jy Jesus as jou Verlosser sien, al is jy wit en Afrikaanssprekend.

Ons glo Engels is die duiwel se taal en as jy soutie of enige ander barbaarse taal behalwe as Afrikaans praat, dan gaan Liewe Jesus jou in die hel brand. Afrikaans moet deur elke huishouding in Suid Afrika gepraat word. Dit moet dus deur skole verpligtend as eerste taal aangebied word en all ander tale moet verban word.

Ons glo die ANC is onwettig aangesien hulle nie deur God aanbewind gebring is nie. Met die Bloedrivier verbond is Suid Afrika aan die Afrikaner gegee en behoort Suid Afrika net aan die Afrikaner. Die res moet skoert.

Ons glo die enigste goeie ding wat die ANC in die land gedoen het was om 'n Nasionale Braaidag in te stel.

Ons werk nie op Geloftedag nie.

Ons glo Rugby moet as die nasionale sport aangewys word en die Blou Bulle is Liewe Jesus se gunsteling span.

Ons glo die Bokembleem moet behou word. 'n Rugbyspeler is nie 'n blom nie.

Ons glo slegs 'n man en vrou kan trou.

Ons glo God is verhewe bo die wet van enige land.

Ons glo in die Verbond van Bloedrivier.

Ons glo nie dat Piet Retief met een van Dingaan se swart vroue 'n verhouding gehad het nie.

Groete
Dr. Sakkie BoerVoorsitter: V.A.K.T.A.P.

2 comments:

Anonymous said...

Maar wat van brandewyn ek coke? Het Jesus dan nie water in brande-wyn verander nie?

VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste party) said...

Brandewyn is reg! 'n Ware Afrikaner drink hom.