Thursday, August 13, 2009

Spaar Jouself vir Jesus Veldtog

Beste VAKTAP lede

Ons is trots om die "Spaar Jouself vir Jesus" veldtog te loods. Die veldtog is gemik om die onsedelike, vuil, seksuele, losbandigheid tussen ons jong mense summier stop te sit. As Christen Afrikaner behoort u slegs seks te hê in die huwelik.*

Ons jong mense sal eerskomende Sondag by alle KAK (Kerk vir Afrikaner Kultuur) gemeentes die volgende eed aflê voor Jesus Christus se derde persoonlikheid, die Heilige Spook.

Die eed:

Ek (vul naam en van) bely hiermee dat omgang buite die huwelik ’n sonde is en dat dit Jesus die reg gee om my vir altyd in die hel saam met die Duiwel te gooi. Ek bely hiermee dat ek myself sal spaar van die afskuwelike sonde tot ek getroud is of tot 21 Desember 2012 wanneer Jesus terugkeer en ek alle seksuele behoeftes outomaties sal verloor. Ek bely vêrder om enige seksuele wangedrag van ander VAKTAP lede summier aan te melt by my naaste predikant. Ek bely alles van myself, insluitend my maagdelikheid is die eiendom van Jesus Christus.

*Die huwelik word voor Jesus Christus beskou as ’n lewenslange kontrak tot die dood tussen ’n man en ’n vrou.

No comments: