Thursday, October 21, 2010

Cunt van die Maand! Steve Hofmeyer!

Dit is weer daardie tyd van die maand om die CUNT van die maand toekenning te gee.

CUNT (Christelike Universiteit in die Nasionale Taal), geleë in Potchefstroom is ’n lid van die VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party) groep. CUNT leer ons dominees van die Woord waarna hulle uitgeplaas word na verskeie KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur) wat ons offisiële kerk is.

Ons gee nie ons grade weg soos ander universiteite nie, maar elke maand gee ons wel 'n CUNT toekenning aan iemand wat die studente admireer. Ons noem die toekenning die "Grootste CUNT van die maand".

Die Grootste CUNT van die maand is...
Steve Hofmeyer! Geluk Steve!

Nie net is Steve ’n puik sanger nie, hy is ook ‘n bogemiddelde akteur. Die beste is egter dat hy ondersteun dieselfde rugby span wat Liewe Jesus ondersteun, die Blou Bulle! Dit maak hom dadelik ’n held in die oë van VAKTAP lede. Verder het hy die beste Afrikaanse lied ooit geskry. Die Blou Bul song! Ons almal weet dat die rede hoekom die Blou Bulle sulke groot sukses oor die jare gehad het, is omdat hulle soveel Christene in die span het!

Sommige van julle sal dalk sê, “Hoe kan ’n Godvresende organisasie soos VAKTAP vir Steve met sy losbandigheid kies as CUNT van die maand?”

Wel, beste lesers laat hierdie liewer ‘n les aan ons VAKTAP lede se vrouens wees. Die losbandigheid van Steve is direk sy vrou se skuld. Duidelik gee sy hom nie wat hy soek by die huis nie. Steve was net te ordentlik en liefdevol om sy vrou te sky, want ons almal weet wat dink God van geskeide vrouens. Steve was genadig en ek is seker Liewe Jesus sal die Afrikaner held vergewe.

No comments: