Sunday, December 26, 2010

Is Masturbasie sonde?

Beste Lede

Soos u weet lewe ons volgens God se Woord, die Bybel. Die Bybel is ‘n wonderlike boek en het die oplossing vir alles. Ons bied daarvoor berading aan vir enige iemand wat hulp nodig het en ons antwoorde en raad is gebaseer op die Woord van die Here.

Klein Jannie van Tonder (12) het die volgende briefie aan ons geskryf en hy vra…

Beste Duminie

Dankie virrie mooi preeke oom duminie. Ek kry soms veil gedagtes en veil drome. Partykeer gebruik ek my regter hand om myself te bevredig. My vriende sê Liewe Jesus sien wat ek maak en gaan my blind maak. Is dit waar? Is dit ‘n sonde? Ek kan myself nie keer nie. Help asseblief?

Beste Jannie

Die Here Jesus is baie lief vir ons, maar hy haat mense wat hulle saad onnodig stort. In die geval van Onan lees ons in Genesis 38: 8-10 dat Jesus vir Onan laat sterf het omdat wanneer hy gemeenskap met sy vrou gehad het, het hy sy saad gestort buite haar liggaam. Verder lees ons in Levitikus 15: 16 dat as jy ‘n saadstorting gehad het Liewe Jesus dit onrein vind en jy onrein is vir die heel dag.

Liewe Jesus verbied nie uitdruklik maturbasie nie, maar as hy kwaad genoeg word oor onnodige saadstorting om Onan te vermoor en wette neer te lê wat sê dit is onrein, dan kan ons duidelikheid kry dat, ja, masturbasie is verkeerd en ja, Liewe Jesus mag jou dalk blind maak
.

As enige ander lidmate Bybelse advies wil hê, voel vry om ons te kontak en ons sal ons beste doen om u briefie te beantwoord.

Groete

Dr. /Ds. Siener Van Zyl

4 comments:

Anonymous said...

Die Here het jou lief maar hy haat jou??!! Wat!?

Jannie, jy kan sien dat dit a klomp stront is. Jy trek hom boetie, trek hom. Dit is normal, moenie vir hiedie mense luister nie.

Anonymous said...

Ja bliksem, en as Jannie met hare op sy hand sit, gaan jy hom help?

Anonymous said...

Ek dink die weerlig het van Zyl getref. Jy lees die Bybel soos jou gat en dan verdraai jy ook nog dit wat jou brein nie kan verwerk nie.
Tereg sê die Woord: : they be blind leaders of the blind. And if the blind lead the blind, both shall fall into the ditch

VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste party) said...

Dit is eintlik die blindheid wat my bekommer.