Thursday, April 21, 2011

Briewe: My geveg met Jan Petrus duur voort

Jan Petrus 164 se epos

Beste Siener van Kak (Kerk vir Afrikaner Kultuur)

Hoe kan jy my beskuldig van laster? Jy sê ek laster vir god. Ek is jammer maar ek kan nie ‘n opgemaakte figuur laster nie. Net soos ek nie die tooth fairy kan laster nie, so kan ek nie hierdie liewe jesus van jou laster nie. As jy kan bewys die persoon of (drie persone) bestaan , dan kan hulle my aantree vir laster. Anders gaan bars.


My antwoord:

JanPetrus164, laster maar voort, jy sal in die hel brand en dan gaan ek en Liewe Jesus, God en die Heilige Spook saam vir jou sit en lag terwyl satan sy vurk in jou anus opdruk. Hahaha! Ons gaan vir jou ook goed skreeu soos, “Jy wou mos laster! Kry vir Jou! Buk maar weer ens.” Let ook verder op dat Liewe Jesus, God en die Heilige Spook met hoof letters gespel word en nie met klein letters nie. Drol.

Dr. / Ds. Siener van Zyl

Tuesday, April 19, 2011

Het die Paashaas vir jou sondes gesterwe?

Beste lede

Binnekort vuur ons Paasfees. Dit is die wonderlike dag wat ons jaarliks vuur toe die Jode vir Liewe Jesus dood gemartel het aan die kruis. Prys die Here! Op die dag van die Paas, kan ons vir Liewe Jesus dankie sê dat hy as 'n onskuldige mens vir ons almal se vieslike sondes gesterf het. Was dit nie vir Jesus se dood nie, sou sy Pappa ons outomaties in die hel gegooi het vir ewigheid!

Daarom moet ek vir julle vra, HET DIE PAASHAAS GESTERF VIR JOU SONDES? NEE! So hoekom beledig julle Liewe Jesus met die paashaas gemors. Die paashaas is van die duiwel af. Die duiwel gebruik dit om ons te verlei van die ware boodskap van Paasfees. Moenie dat dit in jou gemeenskap geduld word nie!

Vir Paasfees gaan ons na kerk, springhaas pasteie bedien asook spaghetti ala springhaas mince.

Moet asseblief nie die diens misloop nie. Ds. Van Zyl gaan gedurende die diens mooi verduidelik net hoe baie Liewe Jesus gely het vir jou sonde. Hy gaan dele van die Passion of The Christ vir julle wys waar die Jode die liewe lewe uit Jesus uit moer. Daarna wanneer almal skuldig genoeg voel, gaan ons almal weer bekeer en weer gebore raak soos elke Christen veronderstel is om te doen.

Groete
Dr. / Ds. Sakkie Boer

Bo: Jesus word gebliksem. Ons weet egter vandag dat Jesus nie lang hare soos 'n sodomiet gehad het nie.

Thursday, March 24, 2011

Ongelowige trolle

Jan Petrus 164 epos my en vra:
As Jesus, God en die Heilige Spook is en God Jesus en die Heilige Spook is en die Heilige Spook Jesus en God is, beteken dit dat Jesus sy eie ma swanger gemaak het? Is dit nie bloedskande nie?

My antwoord:
JanPetrus164, duidelik is jy ’n trol wat net reaksie wil ontlok. Hoe durf jy sê dat Jesus sy eie ma swanger gemaak het sodat hy aan homself geboorte kan skenk. Dit mag dalk tegnies korrek wees, maar jy probeer om dit dom te laat klink om my geloof te kleineer. Jammer, ons val nie daarvoor nie! Hoe dom dit ook mag klink, ek glo daarin want die Heilige Spook sê dit is waar in my kop, plus die Bybel is mos 100% korrek, so dit MOET waar wees.

Ek wen!

Dr. / Ds. Siener van Zyl

Wednesday, March 23, 2011

Hoekom Liewe Jesus se gunsteling rugbyspan Saterdag verloor het

Saterdag was 'n donker dag vir my! Ek kon nie glo dat Jesus se gunsteling rugbyspan weer verloor het nie en dit teen die tandlose sodomiete van die kolonie.

Na 24 uur se gebed het die Heilige Spook egter aan my openbaar dat hierdie as straf dien aan die Blou Bulle.

Sien die Blou Bulle was altyd nederig, maar het sedert laas jaar in sulke windgat, lang haar outjies verander en duidelik maak dit vir Liewe Jesus kwaad. Hierdie jong manne is meer besorg oor hoe hulle haarstyl lyk as oor hoe hulle speel.

Ruk julle reg Bulle, keur terug na Jesus en julle sal weer begin wen!

Wednesday, February 23, 2011

Vals Christene

Baie mense vra my, “Siener, wat moet ons letterlik en wat moet ons figuurlik opneem in die Bybel? Wel my dierbare skape, die Bybel is die woord van God. Jy moet die hele Bybel 100% glo. Sodra ons begin kies en keur wat ons wil letterlik glo of nie, raak ons soos die Rooms katolieke en soos u weet gaan hulle tog eendag almal in die hel brand! Hulle pous sê dan die satanistiese geloof van evolusie is ‘n feit! (Ek het amper daai u in e verander in pous)

Ons kan nie net glo in dit waarmee ons in hierdie politiese korrekte wêreld mee gemaklik is nie. God het ons twee dinge agtergelaat. Nommer een is Sy woord in die Bybel. Nommer twee is die Heilige Spook. Sodra ons dinge in hul monde sit en dit verdraai om ons gemaklik te maak dan is ons op die verkeerde pad. Daai hele argument van , “Maar Jesus is liefde en Hy sou nie X toelaat nie…” is snert.” Jesus is God en God is die Heilige Spook en die Heilige Spook is Jesus. Daarom wanneer God beveel dat seuntjies se koppe ingeslaan moet word in die Bybel, dan het Jesus en die Heilige Spook dit aanbeveel. Daar is baie meer in die Bybel geskryf as net God is Liefde. Daar staan ook God is jaloers, God is kwaai. God straf. God roep bose geeste op ens.

Daar is lafhartige vals christene wat my aanval en sê, “Jy lees nie die Bybel in konteks nie ens.” Wel, ek stel dit dat julle die lafharte is. Julle het nie die die hart om die Bybel te volg soos God beveel nie. Julle is die mense wat die Bybel en God se woord verdraai.
Ons skape by VAKTAP, volg die Bybel soos hy geskryf is. Soos God dit verwag.

Oegabooga!Groete

Dr. / Ds. Siener van Zyl

Wednesday, February 16, 2011

Praat Jy in Tale?

Praat jy in tale maar jy verstaan self nie wat jy sê nie? Praat die persoon wat langs u in die kerk sit in tale en u verstaan nie wat hy sê nie? U is nie alleen nie! Dit is wetenskaplik bewys dat 99% van alle mense verstaan nie wat gesê word wanneer in tale gepraat word nie. Dit verander egter vandag!

Met die wonderlike klank CD deur Dr. / Ds. Siener van Zyl kan u nou ook leer hoe om in tale te praat en sin te maak! Die CD is getiteld “Praat jy in Tale? Die amptelike vertaling” en is te koop direk by VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur Taal en Allerhoogste Party).

Die CD is slegs R200 en dit leer u stap vir stap hoe om in tale praat! Oegabooga! (Prys die Here!) Saam met die CD kry u ook die nuuste top musiek treffer “Die Onse Vader Rap!” met beatboxing deur die K.A.K. (Kerk vir Afrikaner Kultuur) se eie manskoor.

Kry dit nou voor dit uitverkoop!

Oegabooga!

Sunday, December 26, 2010

Is Masturbasie sonde?

Beste Lede

Soos u weet lewe ons volgens God se Woord, die Bybel. Die Bybel is ‘n wonderlike boek en het die oplossing vir alles. Ons bied daarvoor berading aan vir enige iemand wat hulp nodig het en ons antwoorde en raad is gebaseer op die Woord van die Here.

Klein Jannie van Tonder (12) het die volgende briefie aan ons geskryf en hy vra…

Beste Duminie

Dankie virrie mooi preeke oom duminie. Ek kry soms veil gedagtes en veil drome. Partykeer gebruik ek my regter hand om myself te bevredig. My vriende sê Liewe Jesus sien wat ek maak en gaan my blind maak. Is dit waar? Is dit ‘n sonde? Ek kan myself nie keer nie. Help asseblief?

Beste Jannie

Die Here Jesus is baie lief vir ons, maar hy haat mense wat hulle saad onnodig stort. In die geval van Onan lees ons in Genesis 38: 8-10 dat Jesus vir Onan laat sterf het omdat wanneer hy gemeenskap met sy vrou gehad het, het hy sy saad gestort buite haar liggaam. Verder lees ons in Levitikus 15: 16 dat as jy ‘n saadstorting gehad het Liewe Jesus dit onrein vind en jy onrein is vir die heel dag.

Liewe Jesus verbied nie uitdruklik maturbasie nie, maar as hy kwaad genoeg word oor onnodige saadstorting om Onan te vermoor en wette neer te lê wat sê dit is onrein, dan kan ons duidelikheid kry dat, ja, masturbasie is verkeerd en ja, Liewe Jesus mag jou dalk blind maak
.

As enige ander lidmate Bybelse advies wil hê, voel vry om ons te kontak en ons sal ons beste doen om u briefie te beantwoord.

Groete

Dr. /Ds. Siener Van Zyl