Tuesday, November 24, 2009

CUNT van die Maand - November 2009

CUNT (Christelike Universiteit in die Nasionale Taal), geleë in Potchefstroom is ’n lid van die VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party) groep. CUNT leer ons dominees van die Woord waarna hulle uitgeplaas word na verskeie KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur) wat ons offisiële kerk is.

Ons gee nie ons grade weg soos ander universiteite nie, maar elke maand gee ons wel 'n CUNT toekenning aan iemand wat die studente admireer. Ons noem die toekenning die "Grootste CUNT van die maand". Soms ken ons dit toe aan besigheidsmense, sangers ens.

Die CUNT van die maand is ... Joost van der Westhuizen. Geluk Joost!

Jy is ’n eerbare Christelike Afrikaner man wat ’n fout gemaak het! Ons almal weet dat die regtige skuldige persoon die flerrie was wat jou verlei het. Dit het voorheen gebeur in die tuin van Eden! Daar het sy Adam verlei om "verbande middels" te gebruik.

Die stap wat jy geneem het om jou sondes voor Liewe Jesus en die hele Suid-Afrika te bely was die begin van jou vergifnis deur Liewe Jesus. Ons almal weet mos Liewe Jesus vergewe alle sondes sodra jy ’n gedagte na hom opstuur en vra om jou te vergewe! Dit help natuurlik ook om ’n donasie aand KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur) te maak.

Alle beste maat. Ons "Ware Christen Afrikaners™" staan by jou.

3 comments:

Anonymous said...

Neem kennis dat "offisiële" 'n liederlike anglisme is. Daar is 'n mooi Afrikaanse woord, te wete "amptelike".

Anonymous said...

Ja, dit was natuurlik die vrou wat Joost verlei het, Maar dit was hoofsaaklik Satan wat Doosd, jammer Joost in die versoeking gelei het of so iets. Ek is nie seker hoe dit werk nie, maar ek weet dit is eintlik Satan se fout.

VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste party) said...

Dit is altyd die Duiwel se skuld!