Wednesday, March 17, 2010

Me Christus Kompetisie

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Me. Christus kompetisie!

Ons lees uit die Heilige Boek, Openbaring 19:7–9 dat wanneer Jesus terugkom en al die sondaars gaan uitroei, dan gaan Hy ’n bruid neem.

Soos u weet sal Jesus die bruid uit Sy Volk, die Afrikaner Volk neem. Ek wonder soms wie hierdie gelukkige Afrikaner meisie gaan wees.

Ons kan duidelik nie besluit wie Liewe Jesus moet trou nie, daarom hou ons ’n jaarlikse Me. Christus kompetisie om ten minste die seleksie proses makliker te maak. Aangesien die kompetisie geinspireer is deur die heilige Gees, glo ons vas dat Jesus een van die jong Afrikaner dametjies gaan trou wat die jaarlikse kompetisie wen. Ja, Jesus gaan net een vrou vat. Hy is nie gulsig soos sommige "ander" mense nie.

Ons weet Jesus gaan in die volgende tyd baie besig wees om voor te berei vir Sy terugkoms en dan moet Hy nog al die ongelowiges in die hel gooi asook die duiwel, so ons wil graag help om Sy taak ligter te maak.

As u dalk belangstel om Jesus se bruid te wees, stuur asseblief ’n vol lengte foto van uself aan ons. Ek sal met alle kandidate persoonlik mee 'n onderhoud voer.

U moet jonger as 25, ’n maagd en Afrikaanssprekend wees. U moet in staat wees om die druk te hanteer om met die mees beroemde persoon in die heelal getroud te wees. U moet gewillig wees om in groepseks deel te aangesien dit ’n moontlikheid is, want u gaan inderdaad met Jesus, Die

Heilige Gees en God die Vader getroud wees.

Ons sien uit daarna om u aansoek te ontvang.

Dr. / Ds. / Siener Van Zyl
K.A.K. (Kerk vir Afrikaner Kultuur). 'n Lid van V.A.K.T.A.P. (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party)


Onder: Me. Jana Jansen, wenner van die Me. Christus kompetisie in 2009.

1 comment:

Anonymous said...

Lol!