Wednesday, October 13, 2010

Doop jou kind voor geboorte anders kan hy in die hel brand

Soos u weet die Bybel sê dat die oomblik as jy uit jou mamma gedruk word dan gee Liewe Jesus vir jou ’n rooi kaart. Ja liewe broeders en sisters, Liewe Jesus sal outomaties toelaat dat jy in die ewige vuur brand oor die doeninge van Adam en Eva.

Moenie twyfel nie ouers, daardie pragtige babatjie vir wie jy so lief is, is volgens God 'n vieslike aaklige sondaar wat vir altyd in die hel gemartel moet word, tensy jy vir Liewe Jesus aanvaar as jou verlosser.

Aangesien u babatjie nie self vir Jesus kan kies nie, doop ons hom vroeg sodat as hy iets oorkom dan gaan sy siel hemel toe in plaas daarvan om vir altyd gemartel te word in hel.

Ons het egter lank oor hierdie aangeleentheid gedink en gewonder of ons nie moontlik die fetus al moet doop om meer siele te red nie. Ons het besluit dit is ’n beter idee want dit gee die kind groter geleentheid dat indien hy iets oorkom voor geboorte, dat hy steeds hemel toe sal gaan! Ons weet mos die siel is reeds in die babatjie voor hy gebore was anders sou aborsie mos nie ’n sonde gewees het nie!

Ons vra alle swanger vrouens in ons gemeente om ’n afspraak met Dr. / Ds. Siener van Zyl te maak sodat hy u ongebore babatjies kan doop. Ons sien uit daarna om soveel Ware Afrikaner Christene™ in die hemel te kry as wat ons kan! Prys die Here!

Groete

Dr. / Ds. Sakkie Boer
Voorsitter
VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party)

1 comment:

Anonymous said...

Oom Vaktap. Ek was nooit gedoop as kind nie so beteken dit Liewe Jesus haat my en gaan my hel toe stuur?
Of beteken dit hy is lief vir my maar hy moet my hel toe stuur want dit staan so in die Bybel? Ek verstaan nie mooi nie oom Vaktap, as hy so lief is vir my, hoekom wil hy my met elke geleentheid hel toe stuur? Is dit nie genoeg dat ons in SA bly tussen al die heidene nie?

Ek is confused oom Vaktap! Ek doen alles wat die bybel se: ek het al my broer vermoor want Deutronomium se so(hy wou he ek moes n ander god aanbid! Kan jy dit glo?), ek mishandel my slaaf want dit staan ook daar, ek laat nie my vrou toe om te leer en te praat nie, ek kyk nie Harry Potter nie want dis evil. Tog wil hy my net hel toe stuur! Wat meer moet ek doen oom?