Monday, October 18, 2010

Het Jesus Sy rug op die Blou Bulle gedraai?

Beste Lesers

Na die rugby Saterdag het ek op my knieë neergestort en gevra “My God, My God! Hoekom het U die Blou Bulle verlaat?” Dit is algemene kennis dat die Blou Bulle Jesus se gunsteling rugbyspan is en dat die rugbyspelers in die Blou Bul span vir Jesus speel. So hoekom sal Jesus toelaat dat die Blou Bulle verloor?

Die Heilige Spook het aan my geopenbaar dat Jesus ons Ware Afrikaner™ mense wou straf. Die Bulle het verloor omdat ons te liberaal geraak het. Ons moet terugkeer na God en net dan sal dinge vir ons Ware Afrikaner ™ nasie weer beter raak.

Met Liewe Jesus sal ons die boosheid wat oor ons land stroom oorkom.

Dankie vir die les Liewe Jesus!

No comments: