Tuesday, October 19, 2010

Expats gaan in die hel brand

Op 16 Desember 1838 het ons voorvaders ’n verbond met God afgelê by Bloedrivier. Wie dink hierdie "Expats" / Verraaiers is hulle om vir ons voorvaders en God ’n toffie te druk en die land te verlaat?

Hoe durf hulle God in die gesig probeer klap en sy verbond te verbreek? Hulle verraai hierdie land en vir God.

So wees verseker, wanneer Liewe Jesus terugkom in 2012 om te besluit wie hy in die hel wil brand en wie Hy gaan spaar, gaan ons lekker lag vir dié verraaiers. Ons gaan saam met Jesus en sy bruid aan die tafel sit en smul en kyk hoe die Afrikaner verraaiers Jesus smeek om hulle uit die hel te laat.

Natuurlik weet ons dan dit is te laat vir hulle en hulle gekerm sal van Liewe Jesus se barmhartige ore afloop soos water van ’n eend se rug.

Prys Jesus se heilige ore!

Groete

Dr./ Ds./ Siener van Zyl
KAK (Kerk vir die Afrikaner Kultuur) ’n lid van VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party)

3 comments:

Anonymous said...

Ja-nee, prys Liewe Jesus se heilige ore!

Gelowigegrietjie said...

Prys die Heer met blye galme
O my siel daar's ryke stof.
die Afrikaner veraaiers sit nou almal innie die land van die gevangenes en sing virrie Bokke asof hulle ENIGE reg het om so te maak...hulle se elke Afrikaner wat die land verlaat het, het die IK vlak in beide lande verhoog met 5%

VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste party) said...

Beste Grietjie, ja, Liewe Jesus haat dit as sy Volk hom verraai. Hulle sal hulle beloning kry...