Wednesday, October 20, 2010

Hoekom is Sipho se totterman groter as Jannie sin?

Die Pietersen familie het onlangs by ons aangesluit. Voorheen het hulle kinders na staatskole toe gegaan waar hulle natuurlik geforseer was om met "mense" te meng wat nie Afrikaners is nie.

Jannie Pietersen is ’n kranige onder 12 rugby speler. In die een Sondag skool klas het hy my die volgende gevra toe ons oor verskillende rasse gepraat het.

"Dominee, ek moes saam met die swartes stort na rugby wedstryde. Daar was ’n swart seun genaamd Sipho wat ook in die span was en ek het gemerk sy totterman is baie groter as die wit seuns sin. Hoekom is dit so?"

Beste lesers, ons by VAKTAP skryn nie weg van moeilike vrae nie. Sien, alle antwoorde kan in God se Wetenskapsboek, die Bybel gevind word. Ek het natuurlike eerstens vir Jannie tereg gewys en vir hom verduidelik dat swartes nie rugby kan speel nie, maar net sokker, die Duiwel se sport.

Nou hoekom is Sipho se totterman groter as Jannie sin?

Die antwoord lê in Genesis 9: 20 -27. Daar word verduidelik hoe Noag dronk geraak het en hy kaal gelê het in sy tent. Gam, die pa van Kanaan het dit gesien. Noag het hom toe deur sy kinders vervloek omdat hy na sy totterman gestaar het. Soos ons weet uit die Bybel was Gam en sy kinders "donker / swart." God het dus besluit om die swarte ’n groot totterman te gee sodat hulle nie heeldag staan en staar na wit mans se tottermanne nie. Hulle doen klaar min genoeg werk.

So daar het jy dit! Reguit van God se Wetenskap boek!

Groete
Dr. / Ds. Siener van Zyl
K.A.K. (Kerk vir Afrikaner Kultuur). 'n Lid van V.A.K.T.A.P. (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party)

2 comments:

Anonymous said...

So, nou is 'n 12 duim totterman 'n straf. Fok as my voorouers net op die pous se stoep gekak het kon ek dalk nou die gewildste ou op die dorp gewees het!

Anonymous said...

Nee nee die ding is, Sipho is 20