Wednesday, December 22, 2010

Het Kersvader vir jou sondes gesterf?

Beste Lede

Vanoggend het ek amper ‘n beroerte gekry toe ek in die winkel in stap en al die nonsense sien wat by Kersfees betrokke is. Wat se absolute bog is dit?

Het Kersvader vir jou sondes gesterf? Nee! Die Liewe Jesus het vir jou sondes gesterf!

Weereens is die duiwel besig om ons aandag van die werklike boodskap van Liewe Jesus af te lei deur die Demoon Kresvader! Die duiwel is slinks! Mense vergeet amper heeltemal van Liewe Jesus se geboorte en dink net aan Kervader.

Die Here Jesus het aan my openbaar deur die Heilige Spook dat enige persoon wat sy kinders aan ‘n Kersvader blootstel, net so goed hel toe kan gaan. Dit is Jesus se dag. Jesus se verjaarsdag! Hoe durf julle sy partytjie indring met die viselike demoon!

Sies skaam julle. Enige VAKTAP lid wat ‘n Kersvader demoon in sy huis toelaat sal onder sensuur geplaas word en ‘n boete van R5 000 opegelê word.

Groete

Dr. / Ds. Siener van Zyl
VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner, Kultuur, Taal en Allerhoogste Party

No comments: