Wednesday, February 23, 2011

Vals Christene

Baie mense vra my, “Siener, wat moet ons letterlik en wat moet ons figuurlik opneem in die Bybel? Wel my dierbare skape, die Bybel is die woord van God. Jy moet die hele Bybel 100% glo. Sodra ons begin kies en keur wat ons wil letterlik glo of nie, raak ons soos die Rooms katolieke en soos u weet gaan hulle tog eendag almal in die hel brand! Hulle pous sê dan die satanistiese geloof van evolusie is ‘n feit! (Ek het amper daai u in e verander in pous)

Ons kan nie net glo in dit waarmee ons in hierdie politiese korrekte wêreld mee gemaklik is nie. God het ons twee dinge agtergelaat. Nommer een is Sy woord in die Bybel. Nommer twee is die Heilige Spook. Sodra ons dinge in hul monde sit en dit verdraai om ons gemaklik te maak dan is ons op die verkeerde pad. Daai hele argument van , “Maar Jesus is liefde en Hy sou nie X toelaat nie…” is snert.” Jesus is God en God is die Heilige Spook en die Heilige Spook is Jesus. Daarom wanneer God beveel dat seuntjies se koppe ingeslaan moet word in die Bybel, dan het Jesus en die Heilige Spook dit aanbeveel. Daar is baie meer in die Bybel geskryf as net God is Liefde. Daar staan ook God is jaloers, God is kwaai. God straf. God roep bose geeste op ens.

Daar is lafhartige vals christene wat my aanval en sê, “Jy lees nie die Bybel in konteks nie ens.” Wel, ek stel dit dat julle die lafharte is. Julle het nie die die hart om die Bybel te volg soos God beveel nie. Julle is die mense wat die Bybel en God se woord verdraai.
Ons skape by VAKTAP, volg die Bybel soos hy geskryf is. Soos God dit verwag.

Oegabooga!Groete

Dr. / Ds. Siener van Zyl

6 comments:

Wollie said...

Julle blyk werklik vakta(u)p te wees as ek lees wat jy hier skryf.
Daar is baie sinnebeelde in die bybel waarin boodskappe oorgedra word en om dit letterlik op te vat is 'n groot dwaling.

VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste party) said...

Jammer jou vals Christen! Wat is die sinbeeld van kap die hand af wat jy nie kan verstaan nie!

Wollie said...

VAKTAP, toe skrifgeleerdes soos jy 'n vrou wat owerspel gepleeg het, wou stenig. Het Jesus duidelik sulke gedrag afgekeur en vergifnis, genade en bekering verkondig.
Terloops, as een uit 'n gesagsposiesie onthef word, is een se hande afgekap om verder 'n invloed van gesag uit te oefen.
Jy kan gerus 'n Moslem word wat sulke drakoniese gedrag voorstaan.

VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en Allerhoogste party) said...

Die Moslems is ten minste eerbare mense wat hulle geskrifte volg, nie lafharte soos hierdie Vals Christene nie!

Wollie said...

VAKTAP, daar is eerbares onder hulle ja en tog is meeste van hulle gebreinspoel omdat hulle nie vir hulself kan dink nie. Hulle geloof het maar ontstaan omdat hulle denke so vleeslik is, dat hulle nie Jesus wou aanneem, bloot omdat Hy, na die vlees, 'n Jood was.

Anonymous said...

Ja hoe waar is dit nie. Die Moslems is gebreinspoel en hulle dink nie vir hulself soos onse Christene nie. Kyk net Wollie se boodskappies. Pure juwele wat wys op 'n baie diep intelek. Vat hulle Wollie, vat hulle!

Prys die Here!