Baie mense vra my, “Siener, wat moet ons letterlik en wat moet ons figuurlik opneem in die Bybel? Wel my dierbare skape, die Bybel is die woord van God. Jy moet die hele Bybel 100% glo. Sodra ons begin kies en keur wat ons wil letterlik glo of nie, raak ons soos die Rooms katolieke en soos u weet gaan hulle tog eendag almal in die hel brand! Hulle pous sê dan die satanistiese geloof van evolusie is ‘n feit! (Ek het amper daai u in e verander in pous)
Daar is lafhartige vals christene wat my aanval en sê, “Jy lees nie die Bybel in konteks nie ens.” Wel, ek stel dit dat julle die lafharte is. Julle het nie die die hart om die Bybel te volg soos God beveel nie. Julle is die mense wat die Bybel en God se woord verdraai.Ons skape by VAKTAP, volg die Bybel soos hy geskryf is. Soos God dit verwag.
Oegabooga!Groete
Dr. / Ds. Siener van Zyl
6 comments:
Julle blyk werklik vakta(u)p te wees as ek lees wat jy hier skryf.
Daar is baie sinnebeelde in die bybel waarin boodskappe oorgedra word en om dit letterlik op te vat is 'n groot dwaling.
Jammer jou vals Christen! Wat is die sinbeeld van kap die hand af wat jy nie kan verstaan nie!
VAKTAP, toe skrifgeleerdes soos jy 'n vrou wat owerspel gepleeg het, wou stenig. Het Jesus duidelik sulke gedrag afgekeur en vergifnis, genade en bekering verkondig.
Terloops, as een uit 'n gesagsposiesie onthef word, is een se hande afgekap om verder 'n invloed van gesag uit te oefen.
Jy kan gerus 'n Moslem word wat sulke drakoniese gedrag voorstaan.
Die Moslems is ten minste eerbare mense wat hulle geskrifte volg, nie lafharte soos hierdie Vals Christene nie!
VAKTAP, daar is eerbares onder hulle ja en tog is meeste van hulle gebreinspoel omdat hulle nie vir hulself kan dink nie. Hulle geloof het maar ontstaan omdat hulle denke so vleeslik is, dat hulle nie Jesus wou aanneem, bloot omdat Hy, na die vlees, 'n Jood was.
Ja hoe waar is dit nie. Die Moslems is gebreinspoel en hulle dink nie vir hulself soos onse Christene nie. Kyk net Wollie se boodskappies. Pure juwele wat wys op 'n baie diep intelek. Vat hulle Wollie, vat hulle!
Prys die Here!
Post a Comment